Pandora van Rensburg

Posted in Uncategorized on September 5th, 2009 by Bertus! — 14 Comments

My volgende pêrel oor Siener van Rensburg het op 6 September 2009 verskyn. Hier is ‘n skakel.

Photobucket

Pandora

Min mense weet Niklaas (Siener) van Rensburg se dogter Pandora was ‘n danseres wat tydens die Anglo-Boereoorlog in ‘n skrapse rokkie en volstruisvere voor Boeretroepe gedans en vuil grappe vertel het.

En in die woorde van die kunstenaar Peter Engblom, wat dié rare geskiedenis opgeteken het: “Die kommando’s het in hul menigtes na haar vertonings gestroom totdat sy die warmste stuk van Pretoria tot Potchefstroom was. Die vraag na kaartjies was sodanig dat sy selfs ‘n spesiale vertoning vir pres. Paul Kruger en sy generaals in die stal agter die presidentswoning gehou het.”

Die vernaamste redes dat so min mense dié geskiedenis ken, is omdat dit nooit gebeur het nie.

Engblom het dit uit sy duim gesuig en opgeteken as deel van ‘n kabaretvertoning en kunsuitstalling wat hy die laaste maande gehou het.

Tog is hy verstom hoeveel mense glo dié storie is die reine waarheid. “Baie mense ken nie eintlik dié geskiedenis nie. Hulle glo enige blêrrie ding wat jy vir hulle vertel.”

Photobucket

Dit het begin toe Engblom ‘n paar YouTube-video’s van burleske-danse gekry en vroue in sy tuisdorp, Clarence, geleer het om dié danse na te doen. Hulle het ‘n kabaretvertoning op die planke gebring en dit Pandora’s Box genoem, met as hoofkarakter Pandora van Rensburg, ‘n dogter van die beroemde Siener.

Later het hy met foto’s van die vroue (insluitend ‘n paar kaalbasfoto’s) ‘n uitstalling in die David Brown-galery in Johannesburg gehou.

En tot sy verbasing het mense begin glo dit is ware geskiedenis. “Die reaksie was ‘n bietjie van alles. Aanvanklik was party mense gatvol omdat hulle gedink het ek spot met hul taal. Maar dinge het later rustiger geraak.”

Die fotograaf Paul Alberts was een van die mense wat na Engblom se vertoning gaan kyk het. “Ek het vir hom gesê Siener van Rensburg is vir baie mense ‘n ikoon en as hy gaan spot, met kaalfoto’s en so aan, soek hy moeilikheid.”

Toe Alberts egter die vertoning gaan kyk, het hy gesien dit is ‘n kabaret.

“Dit was eintlik baie goed.”

Veral Engelse kykers wat nie die geskiedenis van Siener van Rensburg ken nie, maak glo die fout om te dink dit kan ware geskiedenis wees.

“Dit is eintlik postmoderne kuns,” sê Engblom. “Maar dit steek ook die draak met mense.”

Hoewel baie mense Siener van Rensburg se voorspellings ken, weet min mense sy dogter Pandora was die eerste burleske-danseres in Afrika, skryf Peter Engblom in sy geskiedenis van dié merkwaardige vrou.

“Die Boerekommando’s het gesukkel in hul stryd teen die Britte en daar was vir hulle bitter min afleiding. Pandora het ‘n klein dansgeselskap gestig en met haar volstruisvere met die gevegslinies langs gereis. Dis onbekend of sy deur patriotisme of winsbejag aangevuur is.

“Daar is gerugte dat sy ook in St. Helena, Bermuda en Ceylon opgetree het om gratis vermaak vir die verbitterde, gevange patriotte te verskaf. Sy het haar volstruisvere in ‘n ou kitaarboks rondgedra wat uiteindelik as ‘Pandora se Doos’ bekend gestaan het.

“Pandora se vernaamste nalatenskap is dat sy geslagskonstruksies op Suid-Afrikaanse verhoë vir altyd verander het. Die aanskoue van ‘n vrouelyf wat nie volgens die bestaande norme geklee was nie, het mense opnuut laat nadink oor die ‘plek’ van die vrou in die samelewing.”

 En tot so ver die berig.

Ek sal almal aanraai om meer van Peter Engblom te wete te kom. Hier is sy foto van Pandora van Rensburg wat Suid-Afrika se eerste koeëlvaste baadjie uittoets:

Photobucket

Sy kunswerk word in hierdie post gebruik, maar daar is veel meer op sy blog: Hier.

Siener se spore

Posted in Uncategorized on August 29th, 2009 by Bertus! — 18 Comments

Gereelde lesers sal weet ek beskou myself nogal as een van die Siener van Rensburg-kenners in die land. ‘n Onlangse besoek aan die Hervormde Kerkargief, waar ek sy dogter se dagboek onder oë gehad het, het my nogal aangevuur om bietjie in Noordwes op sy spore te gaan wandel. Met my terugkeer het ek ‘n vlog en ‘n koerantberig gelewer. Geniet:

En dan my beriggie (Rapport, 30 Augustus, 2009):

Photobucket

Siener se stilte

Die een of ander tyd verlede jaar - of dalk die jaar voor dit - het die bloekomboom wat ¬Niklaas “Siener” van Rensburg voor sy huis geplant het, omgeval. Nou is dit net ‘n groot, uitgedroogde stomp.

En in die plek van die huis waarin Ottosdal se beroemdste oudinwoner sy laaste dae deurgebring het, lê ‘n paar rou stene in die veld rond.

Photobucket

Siener sou vandag 155 jaar oud geword het, maar in Ottosdal is daar nie partytjies nie.

Die oueres wat daar grootgeword het, weet nog dit is Siener-wêreld, vertel die profeet se kleinseun, mnr. Ockert Botha. Maar die res? “Nee, wat.”

“Ons kleinkinders verkies dit so. My oupa was nie ‘n man wat uitspattig gelewe het nie.”

Boonop raak hulle gefrustreerd as mense daar opdaag vol stories oor Siener se voorspellings - dikwels mense wat allerlei nuusgebeure in sy visioene inlees asof hy ‘n Boere-Nostradamus was. Een keer selfs iemand van die Israel-visiekerk.

Groot verjaardagruikers word ook nie op sy graf verwag nie.

Siener lê in ‘n ogiesdraad-omheinde familiebegraafplaas langs ‘n ongemerkte grond-plaaspad met ‘n plastiekblompotjie op sy graf. Ondanks die kleinkinders se harde werk om dit in stand te hou, is daar ‘n paar gate waar die meerkatte gegrawe het, onder meer langs die graf van Siener se vrou - Anna Sophia van Rensburg.

Photobucket

Al aanduiding van die historiese betekenis is ‘n bordjie met twee byna weggeroeste Vierkleure wat lui “Siener N.P.J. van Rensburg begrafplaas” (sic).

Volgens Botha (seun van Siener se tweede dogter) is dié stilte beter as eienaardighede, soos ‘n brief die afgelope week in ‘n dagblad waarin geskimp is dat Siener aardverhitting en die varkgriep voorspel het.

“Een gesig waarna ouens nou by herhaling verwys, is my oupa se verwysing na ‘die dag as die sneeu sal begin smelt’. Ek kan dit nêrens op skrif vind nie. Daar is soveel mites en legendes in omloop dat niemand meer weet wat my oupa gesê het nie.”

Die ergste was toe iemand in die 1990’s beweer het Siener het voorspel Duitsers gaan wapens verskaf vir ‘n Afrikaner-opstand teen die regering. “Party ouens het dit geglo en nou sit ‘n klomp boere in die tronk.”

Die kleinkinders wat donkie-jare gelede geluister het hoe hul ouers saans ná boekevat oor Siener gesels, ken die effens minder sensasionele waarheid.

So vertel boeke Siener het gesê daar lê ‘n diamant so groot soos ‘n skaapkop onder Suid-Afrikaanse bodem. “Maar dis nonsens. My oom het vertel hy het saam met my oupa op die stoep gesit toe my oupa sê hy sien hy sit op groot rykdom. Toe vra my oom waar dit is. Toe sê hy die hele wêreld hier vol. Dit was voor die ontdekking van diamante in Wes-Transvaal.

“Daar kom nou ‘n boek wat geadverteer word dat dit opsienbare feite aan die lig gaan bring. Dit is nonsens. Daar is niks nuwe feite nie.”

Niklaas “Siener” van Rensburg, gebore op 30 Augustus 1864, het tydens die Anglo-Boereoorlog beroemd geword toe hy aan die hand van visioene aan generaals soos Koos de la Rey en C.R. de Wet taktiese raad gegee het.

Ná die oorlog het hy aangehou om sy visioene te verkondig, dikwels in ‘n sterk nasionalistiese en anti-Engelse trant. Nadat hy self by die 1914-Rebellie betrokke was, is hy wyd daarvan beskuldig dat hy ‘n groot rol gespeel het om die Rebellie aan te stig.

Hy is op 11 Maart 1926 oorlede, maar in die jare sedertdien het al meer stories oor sy visioene ontstaan en is daar bespiegel dat hy alles van die einde van kommunisme tot ‘n komende rasseoorlog voorspel het.

Die vernaamste bron van sy visioene, benewens die staaltjies van tydgenote, is ‘n aantekeningboek wat sy oudste dogter gehou het en wat in die argief van die Hervormde Kerk bewaar word.

Photobucket

Foto’s deur Lisa Hnatowicz, Foto24

Star Trek Deep Space Nine (Season 3)

Posted in Uncategorized on August 27th, 2009 by Bertus! — 10 Comments

Ek haat derde reekse. Ek haat dit meer as wat ek die Satan of Robin Williams-flieke haat.

Briljante TV-programme het dikwels ‘n soortgelyke trajek. Hulle slaan aanvanklik jou asem weg, laat jou vermoed die grense van TV is heeltemal verskuif, en lok jy kwylend nader om die tweede reeks te kyk. Gewoonlik is die tweede reeks ook goed, maar dan gebeur iets wat jou domastrante geloof in die kosmos telkens verpletter: die derde reeks. Dis nie dat die derde reeks tos is nie, dis net nie heeltemal goed nie. Maar omdat jy so lief was vir die eerste reeks, hou jy aan kyk op wag vir iets briljant wat gaan gebeur. Jy byt vas terwyl jy al kouer in jou are begin voel soos jy besef dinge stuur onvermydelik af op ‘n vierde reeks wat absolute onkykbare toiletdrek gaan wees.

Dit het gebeur met Lost.

Photobucket

Oor die eerste twee reekse van Lost gaan ek min sê, my woordeskat laat my nie toe om Lost I en II na waarde te besing nie, ek sou moes oorslaan na Bybelse Hebreeus. Maar toe gebeur die saaierige derde reeks met die irriterende Ben en Juliet

Photobucket

en jy besef dis nou ‘n eenrigtingstraat na die hondk&k vierde reeks met sy time travel en sy vorentoe flashes.

Dit het gebeur met Battlestar Galactica, moontlik die beste eerste twee reekse van enigiets in ons generasie.

Photobucket

Dit was gelyk geestelik en polities, ‘n worsteling met die probleem van die kwade, maar ook ‘n indringende kommentaar op die oorlog teen terreur, dit het ‘n mitologie geskep soos min ander reekse. En toe kom die derde reeks met sy belaglike episodiese karakter - selfs met sedelese (!) oor hoe lelik wraak is en sulke drek. Die dom vierde reeks waar omtrent almal in Cylons verander het onvermydelik geraak.

Desperate Housewives.

Photobucket

O hel! Wie kon deur die vierde reeks sit? En was dit nie die derde reeks wat dit onvermydelik gemaak het nie?

Ek is nou pas klaar met die tweede reeks van Dexter. Dit was minder goed as die eerste. Ek weet klaar wat gaan kom.

Photobucket

Ek oorweeg dit om die derde reeks te vermy.

Dank God hulle het Buck Rogers ná die tweede reeks beëindig.

Photobucket

So dit was met ‘n swaar gemoed dat ek Star Trek Deep Space Nine reeks 3 gekyk het.

Photobucket

En hy was inderdaad minder goed as die eerste twee. Hoekom?

- Te veel episodes met inwaarste reise. In een episode sien ons selfs hoe Julian Bashir in ‘n koma verval en in sy gedagtes teen die ander karakters moet stry wat elk ‘n aspek van sy persoonlikheid aangeneem het.

Photobucket

Who comes up with this trash?
- Tydreise. Geen reeks met enige selfrespek span tydreise in nie. Jy kan nie ‘n univers hê wat andersins logies samehangend is en dan ‘n meganisme soos tydreise inspan wat selfs ‘n gr.3-kind se logiese ondersoek nie sal kan deurstaan nie.

So ek het rede gehad om spyt te wees. Ek kyk effens versigtig uit vir die vierde reeks. Maar daar is ook heelwat wat my hoop gee:

- Garak.

Photobucket

O wonderlik dat hulle sy karakter ontwikkel het. En die idee dat hy nou eers ontwikkel, maar al van vroeg af geplant is, laat my vermoed die skeppers dink langtermyn en dat hulle ‘n sinvolle plan vir al sewe reekse het. Garak is ‘n karakter so reg uit ‘n Shakespeariaanse komedie, sy mannerismes sou irriterend kon wees, maar die selfvertroue waarmee hy dit lewer, maak dat mens nie anders kan as om van hom te hou nie. Tot dusver het ons uitgevind hy was eintlik ‘n spioen van die Obsidian Order, maar mens weet nooit of dit nie nog ‘n leuen binne ‘n leuen is soos omtrent alles wat mens al oor hom uitgevind het nie. Driedubbele spioen?

- Die suggesties van ‘n gekonkel tussen die Romulans en die Cardassians om teen die Dominion te veg.

Photobucket

Ek is so bly die Romulans word betrek, want as ek een klagte teen Deep Space Nine gehad het, is dat dit soms ‘n bietjie geïnsuleer is teen die res van die Star Trek-mitologie - geen Borg, geen Vulcans, baie min Klingons. Boonop is die Romulans na my mening een van die mees onderbenutte rasse in die Star Trek-heelal. En die oorlog wat mens nou al kan sien in die latere reekse gaan uitbars, nie net interplanetêr nie, maar intergalakties, laat mens weet hier word met mitologieskepping op ‘n massiewe skaal gewerk.

Ek gaan dus, ten spyte van wat ek op die harde manier uit derde reekse geleer het, vir Star Trek Deep Space Nine IV ‘n kans gee. Ek gaan die vierde reeks met optimisme tegemoet. Hulle verdien dit tot dusver. Maar ek hou hulle met valkoë dop - en as hulle die toets slaag, sal hulle ‘n wet van die TV-wese na my mening verpletter het. As enigiemand dit kan doen, is dit Star Trek Deep Space Nine.

The Case for God - Karen Armstrong

Posted in Uncategorized on August 24th, 2009 by Bertus! — 28 Comments

Aangesien ek in die komende week ‘n bietjie met Karen Amstrong gaan kuier, het ek gedog ek teken solank ‘n paar van my gunsteling aanhalings uit haar “The Case for God” aan, die boek waaroor ek haar vernaamd gaan uitvra. Ek deel dit ook sommer met my lesers (verskoon die tikfoute):

Photobucket

Myth has been called a primitive form of psychology. When a myth described heroes threading their way through labyrinths, descending into the underworld or fighting monsters, these were not understood as primarily factual stories. They were designed to help people negotiate the obscure regions of the psyche, which are difficult to access but which profoundly influence our thought and behaviour.

A late Beethoven quartet does not represent sorrow but elicits it in hearer and player alike; and yet it is emphatically not a sad experience … We seem to experience sadness directly in a way that transcends ego, because this is not my sadness but sorrow itself. In music, therefore, subjective and objective become one.

The more recent atheism of Richard Dawkins, Christopher Hitchens and Sam Harris …. has focused exclusively on the God developed by the fundamentalisms, and all three insist that fundamentalism constitutes the essence and core of all religion. This has weakened their critique, because fundamentalism is in fact a defiantly unorthodox form of faith that frequently misrepresents the tradition it is trying to defend.

“If I thought of God as another being outside myself, only infinitely more powerful,” (Wittgenstein) inisted, “then I would regard it as my duty to defy him.” Religious language was essentially symbolic; it was disgusting if interpreted literally, but symbolically it held the power to manifest a transcendent reality in the same way as the short stories of Tolstoy.

‘n Aanhaling van Paul Tillich: “The concept of a ‘Personal God’, interfering with natural events or being ‘an independent cause of natural events’ makes God a natural object beside others, an object among others, a being among beings, maybe the highest, but nevertheless, a being. This indeed is not only the destruction of the physical system, but even more a destruction of any meaningful idea of God.”

In the Gospel of Christian Atheism (1966), Thomas J.J. Altizer announced the ‘good news’: God’s demise had freed us from slavery to a tyrannical transcendent deity. Altizer spoke in mystical, poetic terms of the dark night of the soul, the pain of abandonment, and the silence that must ensue before what we mean by ‘God’ can become meaningful once more. Our former notions of divinity had to die before theology could be reborn.”

Nadat Jamal al-Din Al-Afghani, groot moefti van Egipte in die laat 1800’s Frankryk besoek het, spreek hy sy bewondering vir die Franse liberalisme, teenoor die agterlikheid van Egipte, uit. “In Frankryk het ek Islam gesien, maar geen Moslems. In Egipte is daar Moslems, maar geen Islam.”

We have got used to thinking that religion should provide us with information. Is there a God? How did the world come into being? But this is a modern aberation. Religion was never supposed to provide answers to questions that lay within the reach of human reason. That was the role of logos. Religion’s task, closely allied to that of art, was to help us to live creatively, peacefully and even joyously with realities for which there was no easy explanations and problems that we could not solve; mortality, pain, grief, despair, and outrage at the injustice and cruelty of life.

Paul Tillich pointed out that it is difficult to speak about God these days, because people immediately ask you if a God exists. This means that the symbol of God is no longer working. Instead of pointing beyond itself to an ineffable reality, the humanly conceived construct that we call ‘God’ has become the end of the story. We have seen that during the early-modern period, the idea of God was reduced to a scientific hypothesis and God became the ultimate explanation of the universe. Instead of symbolising the ineffable, God was in effect reduced to a mere deva, a lower-case god that was a member of the cosmos with a precise function and location. When that happened it was only a matter of time before atheism became a viable proposition.

Jan Windpomp

Posted in Uncategorized on August 22nd, 2009 by Bertus! — 9 Comments

Photobucket

Party mense sal dalk meen hy het ‘n klap van die windpomp weg, maar dit kry mnr. Jan Jacobs nie onder nie.

Oom Jan Windpomp, soos hy in die Vrystaat bekend staan, wil die evangelis Angus Buchan kontak sodat hulle stories oor hul ervarings kan uitruil. “Ek is mos ook ‘n ou wat so bietjie profeteer.”

Tot dusver het die gewilde prediker van Greytown oom Jan nog nie teruggebel nie, maar as hy geweet het van die rits wonderwerke wat oom Jan al beleef het, sou hy dalk.

Baie Vrystaters ken oom Jan as ‘n windpompbouer en die mielieprodusente-organisasie Nampo het hom al vir sy uitvinding van ‘n wentelslagsilinder vereer.

Maar nog interessanter is die feit dat oom Jan gereeld wonderbaarlike ervarings beleef wat met die syfers 9 en 11verband hou. Hy het selfs al twee keer van windpompe afgeval: een keer 9?m ver en die ander keer 11?m.

Donderdag het hy by sy dogter in Meyerton gekuier toe hy besef dit is 9 maande en 11 dae sedert sy profeetskap op die 9de dag van die 11de maand deur ‘n ingryping van Bo bevestig is.

Hy was op 8 November verlede jaar op Buchan se Ellispark-saamtrek. Sy 71-jarige gesig vertrek van bewoënheid as hy daaraan terugdink. (”Die sout van die aarde is ‘n mens se trane,” vertel hy graag.)

“Daai dag het ek vir my kinders gesê hierdie pa van hulle wil ook nog eendag ‘n stadion toespreek.”

Die volgende dag het hy op pad huis toe sy Paulus-ervaring langs die pad na Brandfort gehad.

“Toe ons afdraai na Brandfort, toe sien ek daar kom ‘n haelstorm.” Hulle het dadelik tussen ‘n klompie bome stilgehou wat in hoefysterformasie langs die pad staan. “Die volgende oomblik begin dit te hael. En toe val daai bome tegelyk om.”

Toe oom Jan en sy vrou versigtig die ruite afrol, sien hulle die bome het met wortels in die lug so naby aan die motor geland dat hulle nie eens die deure kon oopkry nie. Die stompe moes met ‘n houtsaag weggesny word.

Photobucket

Hy het aan ‘n teks uit Psalm 91 gedink oor hoe pyle langs die gelowige sal val, maar hom nie sal beseer nie.

En hy het besef hy en sy medeprofeet van Greytown moet by mekaar uitkom. “Ek het Angus Buchan al verskeie kere gebel. Ek wou by die Menigte Manne- Christensaamtrek (oom Jan se naam vir die Migthy Men-byeenkoms) optree. Ek wil hom van my profesieë vertel.”

Oor die inhoud van sy profesieë: Oom Jan meen daar kom ‘n duisendjarige ingryping. In die boek Esegiël word van ruimtewesens vertel. En daar kom volgende jaar ‘n groot ramp. Hy dink veral aan ‘n teks uit Daniël oor klippe wat losgemaak word. “Ek verwag so ‘n paar meteoortjies uit die lug.”

Rapport - 22 Augustus 2009 / Foto’s: Rika Theron

Borrelwedstryd:

Photobucket

Wat sê Die Piesangverkoper en Jan Windpomp vir mekaar terwyl hulle uit die 1953-vertaling lees?

Alive in Joburg

Posted in Uncategorized on August 16th, 2009 by Bertus! — 5 Comments

Reeds twee jaar voor District 9 en ‘n jaar voor die xenofobiese aanvalle, het Niell Blomkamp Alive in Joburg verfilm.

‘n Rol vir die drukmedia

Posted in Uncategorized on August 13th, 2009 by Bertus! — 19 Comments

Hoewel heelwat ink al gestort is om die impak van die inligtingsrewolusie op die drukmedia te ontleed, is Zygmunt Bauman se werk vir my van belang omdat hy iets waardevol tot die gesprek byvoeg: Volgens Bauman is tradisionele media se probleem nie die medium waardeur hulle nuus verskaf (koerante en tydskrifte) nie, maar eerder hul verouderde filosofie oor wat die media se rol in die samelewing is.

Photobucket

Bauman fokus sy werk op die rol wat intellektuele in die moderne wêreld vervul. Sedert die Verligting is daar in Westerse samelewing tradisioneel ‘n groep mense wat hy die intellektuele/meningsvormers noem. In ‘n tyd toe net beperkte groepe toegang tot hoër onderwys en navorsing gehad het, was dié groep intellektuele - gewoonlik bestaande uit kunstenaars, politici, geestelikes en akademici - ‘n uitgelese clique wat die taak gehad het om kennis en menings namens die res van die samelewing te formuleer. Omdat daar in sulke samelewings een kerk, een heerser ens. was, was daar gewoonlik een so ‘n clique van intellektuele wat besluit het watter kennis vir die res van die samelewing geskik is en dit dan met die hulp van hul woordvoerders - die joernaliste - aan die res van die samelewing uitgedeel het. Hiervoor was die nuwe tegnologieë van die massamedia van groot belang. Solank drukmedia duur was om te bedryf, kon die clique van intellektuele, wat aan die maghebbers gekoppel was, ook die media beheer en was dit die joernaliste se rol om die enkele waarheid wat deur die intellektuele bedryf was, uit te dra.

In Suid-Afrika sou die intellektuele clique uit ‘n versameling nasionalistiese politici, gereformeerde geestelikes en Afrikaanse akademici bestaan het, en latere jare uit ‘n post-bevrydingselite wat ‘n eienaardige melange van nasiebou en liberalisme voorgehou het. Die intellektuele-maatskaplike elite se mag sou hul telkens in staat gestel het om die mediakanale te beheer en dus sou die joernaliste as woordvoerders van dié clique die waarhede en menings uitdra waarop die intellektuele besluit het.

Dié model begin gaandeweg verander met die koms van die inligtingsrewolusie, eers radio, dan die sterker element van TV en uiteindelik verander dit drasties met die internet. Wanneer daar 30 stasies op FM is en wanneer enigeen ‘n blog kan bedryf, word die vorming van kennis gedemokratiseer. Boonop word dit versnel in ‘n hiperverbruikersamelewing waar mense deur die mark bemagtig is om die inligtingsbron van hul keuse te koop nes mens enige ander kommoditeit vanuit ‘n verskeidenheid sou kies. Een clique kan nie meer waarhede en menings vir die res van die samelewing afvaardig nie (oftewel, hulle kan probeer, maar die samelewing wat deur ‘n kombinasie van inligtingstegnologie en markkragte bemagtig is, hoef dit nie meer te koop nie). Gevolglik sit die massamedia, vernaamd die drukmedia, wat die amptelike waarheid moes uitdra, sonder ‘n taak.

Die krisis in Suid-Afrikaanse drukmedia illustreer dit goed. In dié lig gesien is die probleem nie dat daar nuwe vorme van media ontstaan het nie, maar dat drukmedia nog probeer om dinge te bedryf asof ons in die vorige bestel is. Die enkele stroom waarheid of menings wat die media wil uitdra het dalk verander (dis nou liberale nasiebou eerder as nasionalistiese nasiebou), maar dit bly ‘n enkele stroom waarheid wat die media aan die wêreld wil uitdra in die waan dat hulle nog ‘n monopolie op meningsvorming het.

Zygmunt Bauman onderskei tussen die twee rolle vir die drukmedia deur die beelde van die wetgewer en die tolk te gebruik.

In die vorige bestel was die media wetgewers: Daar was ‘n enkele waarheid, net soos wat ‘n samelewing ‘n enkele wet het, daardie waarheid is deur die intellektuele en maghebbers geformuleer en afgevaardig. Die media se plig was om daardie waarheid te bekom en die mense oor te haal (deur nuus, rubrieke of hoofartikels) om by daardie waarheid in te val. Die media was as’t ware die implimenteerders van die korporatiewe waarheid.

In ‘n wêreld waar daar mededingende waarheidsaansprake is wat elkeen toegang tot ‘n verskeidenheid media het, help dit nie meer die drukmedia probeer waarheidsaansprake op die res van die wêreld afdwing of afsmokkel nie - ‘n ekonomies en intellektueel bemagtigde publiek kan bloot oorskakel na ‘n ander stroom van waarheid indien hulle nie hou van wat die betrokke media op hulle probeer afdwing nie. Die drukmedia (massamedia) moet dus ‘n nuwe rol kry, en dit is die rol van die tolk. ‘n Tolk neem kennis van die verskillende waarheidsaansprake wat in omgang is, probeer hom by elk ingrawe om ‘n begrip daarvan te ontwikkel en probeer dan daardie mededingende waarhede vir die onderskeie groepe in die samelewing vertolk. Sodoende word die drukmedia dus forums wat kommunikasie in ‘n wêreld van gefragmenteerde waarheid probeer vertolk.

Voorbeeld: die taalstryd op Stellenbosch. In ‘n vorige bestel sou die media beslis wat die waarheid van die gepaste intellektuele-maatskaplike maghebbers is (aanvanklik pro-Afrikaans, in latere jare baie skepties jeens Afrikaans) en dan deur ‘n nuusagenda en meningstukke mense tot daardie mening oor te haal. Die agenda kon nasionalisties of liberaal wees, maar dit was dieselfde model. Daardie rol sal voortaan deur blogs en nispublikasies onder die nuwe media voortgesit word, maar kan nie in ‘n samelewing van mededingende sentra van waarheid deur die massamedia voortgesit word nie.

Ek is nie 100% seker hoe ‘n tolk-model vir die drukmedia in die geval sou lyk nie, maar ek vermoed dit sou behels dat koerante moet probeer om tussen al die skreeuende stemme (want die inligtingsrewolusie skep die geleentheid vir ‘n feitlik onbeperkte aantal stemme in so ‘n debat) te onderskei en aan die lesers te vertel wat elkeen se rol is. Wat presies doen die Afrikanerbond op Stellenbosch en hoe skakel hulle met die res van die taalstryders? Wat is Botman se beleid en hoe presies lyk dit in vergelyking tot Brink s’n? So word die verskillende stemme belig en met mekaar in gesprek geplaas. Die drukmedia kan ook die verskillende waarheidsaansprake weeg, vasstel hoe verteenwoordigend is elk en wat die relatiewe gewig van elk is, sodat nuusverbruikers gehelp kan word om tussen die verskillende waarheidsaansprake te navigeer.

In so ‘n geval sou iets soos ‘n tradisionele hoofartikel of ‘n “Dawie” natuurlik heeltemal anachronisties wees en dalk sou koerante nie meer so maklik met sekere waardes of ideologieë kan identifiseer soos in die verlede nie. Ek vermoed Afrikaanse koerante het nog nie heeltemal hierdie skuif gemaak nie en probeer dikwels nog rondkrap vir ‘n nuwe ideologie wat hulle kan afvaardig eerder as om te besef dat hulle dalk postideologies moet begin optree. Ek sien egter soms hoopvolle tekens, byvoorbeeld by die publikasie waar ek werk - mens kom algaande ‘n groter klem op narratiewe, empatiese verslaggewing tee asook op die vermeerdering van forumblaaie geplaas word. Waar daardie klemverskuiwing plaasvind, sien mens die positiewe resultate telkens in sirkulasiesyfers.

Aangesien ek self in die sektor werk, is dit iets wat die laaste jare al meer en meer by my begin opkom het - hoe kan ek my werk gebruik om mededingende waarheidsaansprake te belig eerder as om in diens van ‘n sekere waarheidsaanspraak (die “amptelike” of die “korrekte” menings) te staan. Dis egter nog vroeë dae en ek dink ons werk daaraan om hieruit sin te maak, ons slaag nie altyd nie, maar persoonlik werk ek al oor jare meer en meer in daardie rigting.

  • Vernaamste bron: Legislators and Interpreters deur Zygmunt Bauman.

Dominee Attie en Genesis 12

Posted in Uncategorized on August 9th, 2009 by Bertus! — 31 Comments

Photobucket

Seker al twee jaar lank, lees ek Attie se blog.

Ek ken nie vir Attie in die regte lewe nie en ek het nog nie veel regstreeks met hom gekorrespondeer nie, maar omdat ek hou van ‘n verskeidenheid menings en omdat gesprek altyd vir my lekker is, loer ek soms by Attie in, lewer kommentaar, en geniet dit wanneer Attie op sy beurt weer by my kommentaar lewer.

Attie is ‘n predikant. In sommige opsigte is hy tipies predikant. Hy praat graag oor sy vrou, soos die geval dikwels met predikante is. As mense met hom probeer stry, skakel hy oor in pastorale modus en probeer versoen eerder as terugkap. So ver ek verstaan, was hy tot onlangs op Krugersdorp dominee. Op sy blog sit hy soms van sy preke of gedagtes wat hy uit die Bybel bekom het - by ander tye gesels hy net oor dinge wat vir hom lekker is. Al sou mens verwag hy moet preek, wil hy eintlik net gesels. As jy vir hom sê jy stem nie met iets in sy skrifsels saam nie, vra Attie jou verder daaroor uit. Soms verander hy selfs van mening.

So mettertyd het ek besef dat ek nie net vir Attie lees uit nuuskierigheid nie, maar dat ek nogal van Attie hou.

Onlangs vind ek toe uit Attie is by ‘n nuwe gemeente in Pretoria.

Photobucket

Waverley is ‘n gemeente noordoos van die hoofstad. Ek ken nie juis die area nie, maar daar is heelwat huise op middelgrote erwe, met honde en tuine, meestal twee karre en so ver ek van die pad af kan sien drie slaapkamers, vermoedelik ‘n ma en ‘n pa en twee kinders in elkeen. So ‘n tipe buurt.

En toe gaan luister ek Sondag vir Attie.

Nou moet ek sê dat ek baie van Attie se kerk hou want hulle doen al die kerkdinge wat ek op prys stel. Daar is nog mans wat das dra. Die orrelis speel lekker en maak soms sulke swierige draaie met die deuntjie terwyl sy/hy die intro van die gesange speel. Attie self gebruik geen Engfrikaans in sy preek nie (geen “commitment” of “great” in die preek wat ek geluister het nie) en hy het boonop ‘n wel geartikuleerde, romerige stem met net genoeg bas. As die kerk hom ooit afdank, kan hy beslis die nuus op RSG gaan lees en ek sal dit geniet.

Attie het gepreek oor Genesis 12 en ek haal my eie vertaling uit die Hebreeuse grondteks hier aan:

Jahoe het vir Grootvader gesê: “Verlaat jou land, jou stam en die huis van jou vader. Gaan na die land wat ek jou wys. Ek sal jou ‘n groot nasie maak en ek sal jou seën. Ek sal jou naam groot maak en jy sal ‘n seën wees. Ek sal diegene seën wat jou seën, en diegene vervloek wat jou vloek. Deur jou sal al die volke van die aarde geseën wees.”
Grootvader het gegaan, net soos Jahoe vir hom gesê het. Doek het met hom gegaan. Grootvader was vyf-en-sewentig jaar oud. Hy het vertrek uit Haran.

Weereens het Attie by my krediete gewen deur die teks in die breër Bybelse verband te sit. Die eerste 11 hoofstukke van Genesis is net ‘n afwaartse spiraal, met al meer moord en doodslag en lieg en bedrieg totdat dit ‘n laagtepunt bereik, het Attie gesê. Maar in Genesis 12 kom haal God vir Abram en begin ‘n nuwe paadjie met die mensdom stap - ‘n nuwe hoop breek aan vir die wêreld.

Nou ja, Attie het heelwat te sê gehad oor Abram se roeping en so-aan wat ek nie gaan aanhaal nie, want ek is bang ek stel hom verkeerd voor. Maar een opmerking het nogal my oor gevang en het my goed aan die dink gesit.

Attie was aan die praat oor hoe God vir Abram geroep het en Abram gehoor gegee het, toe merk Attie op dat Abram nie eintlik rede gehad het om te vertrou dat God sy beloftes sou nakom nie. As jy deur die voorafgaande geskiedenis in Genesis lees, het God versuim om Abel te red, hy het die mensdom voor die vloed uitgewis, hy het sy humeur met die mense van Babel verloor. God se bydrae tot mens-God betrekkinge was tot dusver van so ‘n aard dat die meeste mense tereg skepties sou wees as God ‘n nuwe verbond voorstel. Abram is dus gevra om God se aanbod aan te neem sonder dat hy enigsins seker kon wees dat God sy kant van die ooreenkoms sou nakom.

En tog het hy dit gedoen. Abram se besluit om God te gehoorsaam, so het Attie geïmpliseer (al is ek nie seker of hy dit so duidelik van die preekstoel uitgespel het nie) was ‘n stap in die onsekerheid in eerder as ‘n stap in die geloof.

Verder het Attie toe heelwat gepraat oor hoe dinge weldra goed sou uitwerk vir Abram en God en al die res van die aarde, maar ek is nogal regtig aan die dink gesit oor Attie se idee dat Abram God genader het deur ‘n tree in die onsekerheid eerder as ‘n tree van geloof te gee. ‘n Sprong in die duister.

***

Ek onthou toe ek nog ‘n jong begeesterde evangelis was. Ons wagwoord was “geloofsekerheid”. Dit was lank gelede en ek kan met blydskap sê dat ek daai woord baie lanklaas gehoor het. Ek mis dit glad nie. Ons is geleer (en ek moet tot my skaamte erken ek het dit ook vir ander mense geleer) dat jy nie net seker moet wees Jesus is jou God nie, jy moet ook seker wees dat jy seker is dat Jesus jou God is. Jy moet nie net glo nie , jy moet ook oortuig wees dat jy glo. Anders gaan jy hel toe.

Dit was vermoedelik een van daai dinge wat iemand uitgedink het om mens skuldig te laat voel, iets wat jou net moet herinner dat jy nooit eintlik goed genoeg is nie. Al wat die idee egter op lang termyn met my reggekry het, was om my van die geloof van my jeug te vervreem.

Wat ‘n stupid idee.

Dit was vir my sedert my vroeë 20’s ‘n heerlike avontuur om deur jare te besef dat God (of wat okal heilig is) skuil in die donker hoekies eerder as in die lig, daar waar ek juis op my mees onsekerste is. Uiteraard het die God wat in die onsigbare krake skuil min met die kartongod van my jeug in gemeen, maar die reis met daai God is ‘n reis wat my al jare lank telkens uitdaag, telkens verras en telkens nuut laat wees. Ek soek God deesdae in die vraagtekens eerder as die antwoorde. Ek rol vraagtekens in my gemoed rond, hammer my sekerhede met vraagtekens oor die kop totdat my siel soos ‘n neut oopkraak en seëning binnestroom.

Ek vermoed daar is so iets daarvan wat ek by Attie gehoor het. Ek vermoed ook Attie sal dit dalk heel anders verwoord en ek hoop nie ek affronteer hom deur hier wanvoorstelling van sy preek te pleeg nie. Maar ek is tog soms optimisties as ek sien hoe baie van ons begin wegbeweeg van die God wat so netjies in die boksie van ons gedagtes pas en eerder oopmaak vir ‘n God wat misterieus en altyd nuut is.

Wanneer ek dink aan my geesgenote wat die Torah rondom vure in die ou Midde-Ooste die eerste keer uitgesing het of die monnike in die wysheidstradisies wat hul koppe fronsend krap totdat hulle van hul antwoorde bevry word, dan dink ek aan die geestelike pioniers wat hul gees soos Star Trekkers die onbekende ingestuur het, ouens wat bereid was om oop te maak vir wat hulle nie kan weet nie, ouens soos Abram en dalk (hoop ek) ouens soos Attie.

Deur jou sal al die volke van die aarde geseën wees, Attie.

My studentedae

Posted in Uncategorized on August 8th, 2009 by Bertus! — 2 Comments

Photobucket

Bietjie deur ou foto-albums geblaai hierdie naweek.

Photobucket

Ek dink nie enigiemand kan die 90’s verstaan as hulle nie self toe geleef het nie. Ek sou dit vir geen ander jeug verruil nie.

Photobucket

My filosofie was, “Hair - use it before you lose it.”

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Photobucket

Pick ‘n Pay vs menslikheid

Posted in Uncategorized on July 31st, 2009 by Bertus! — 44 Comments

Dit het my geen genot gegee om hierdie brief vir Pick ‘n Pay te moes skryf nie:
Photobucket

Dear Sir or Madam

I was greatly saddened when I saw that Pick ‘n Pay sells old fashioned spring mouse traps in your shops - in fact, you don’t only sell them, but endorse them to the extent that you include a cheap version in your No Name Brand range (bar code: 6001007026349).

I understand that many of your customers are serious about pest control, but these traps are not only very dangerous to people and animals (dogs and cats can be maimed by them), they also kill mice and rats in an extremely agonising, inhumane way. Starving animals often languish for days in these contraptions, often starving or bleeding to death slowly.

What is especially worrying is that your packaging contains little warning about the hazards of this product, and little encouragement for buyers to use it as humanely as possible.

This in spite of the fact that many other chain stores are boasting about more ethical products and business practices.

There are more humane rat and mousetraps on the market.

I am a frequent shopper at Pick ‘n Pay, but will have to reconsider my patronage of your shops because of your decision to sell this awful, cruel product. Please reconsider this practice.

Regards
Johannes Bertus de Villiers

Photobucket

Indien hulle reageer, sal ek die respons hier plaas.